Select Page

About

Compassionate Care When It Matters Most

Compassionate End-of-Life Care

At Full Circle Palliative Care Solutions, we provide specialized home-based care for individuals facing advanced-stage cancer and other terminal illnesses. Our mission is to ensure comfort, dignity, and peace during the most challenging times. By offering professional medical support, emotional care, and practical assistance, we help both patients and their families navigate the end-of-life journey with compassion and respect.

Our dedicated team is committed to creating a peaceful environment where families can focus on spending meaningful time together.

Vir My Mamma

Ek dink aan jou in geel… Soos die Son met Sy warmte. Sy lig. Sy veilig voel, want dit verdryf die donker. Jy was nog altyd vir my veiligheid en warmte, mamma. By jou was dit huis. Ek dink aan jou in geel.. Soos magrietjes en rose en sonneblomme. Jy was ‘n sonneblom. In jou was daar hoop en liefde. Ek dink liefde is geel. Jy het dit uitgestraal en het dit vir almal gewys – miskien net nie vir die honde nie- maar almal wat jou geken het weet jy was liefde en vriendelikheid. Ek dink aan jou in geel.. Soos pas uitgebroeide hoenderkuikens. Sag en warm. Jy was sag, my moeder. Sag as jy gepraat het. Sag as jy aan ander gevat het. Sag was jou hart. Ek wou jou altyd beskerm. Teen die lelike steke wat die lewe in jou rigting gegee het. Ek wou jou altyd veilig hou. Ek dink aan jou in geel.. Soos ‘n kanarie wat vrolik tjirp en gesels. Jy was vrolikheid en vriendelikheid, mamma. Nooit, nooit was jy anders as vriendelik nie. Selfs nie nou deur hierdie siekte wat jou liggaam gesteel het nie. Jy was ‘n voorbeeld vir my,mamma Selfs deur die sleg en die pyn was jy vriendelikheid. Ek dink aan jou in geel… Soos ‘n kosbare geel diamant. Uniek, skaars en sterk! Jou wese, jou karakter, jou jy-wees was sterk, mamma! Jy het kalm gebly, koers gehou, kop gehou. J het vit my en Ian aan Jesus opgedra en jy het gebid. Jou hande het nooit vir iets verkeerd gestaan nie. Ek sien jou in wit, mamma.. Engele wat jou dra, Jesus wat jou vashou Liefde, vrede, vreugde, blye weersiens en heiligheid ‘n Ewigheid van liefde..
Dankie, Liewe Heer, vir hierdie mooiste engel van almal wat my moeder was

-Mercia-